Mei
18
Aand
2016

Elisa, die man wat die osse geslag het

Pinkster 2016

Ds. Jurg Prinsloo (Snr)

1 Kon 19

Elisa se tyd het aangebreek om as profeet gesalf te word in die plek van Elia. Die Here het ’n plan en ’n doel met Elisa gehad al was hy ’n gewone boer en vol stof gevind daar agter die osse in die veld toe Elia hom uitgewys het as sy opvolger.

Elisa se hele doen en handel daarvanaf wys dat hy hierdie groot taak en roeping ernstig opgevat het en sy ou lewe agter los en voluit met ’n nuwe lewe begin vir God se saak.

Hierdie beeld die mens uit wat in hierdie lewe normaal aangaan met sy eie dinge en alledaagse bestaan tot op die dag dat die Here daardie mens uit genade red. Dan verander daardie mens se hele lewe, se lewensgesindheid, se lewensdoel en lewensrigting.

Luister na Elisa se voorbeeld wat vir ons wys hoe om die meeste van so nuwe lewe te maak.

Ongelukkig is die preek nie meer beskikbaar aanlyn nie.

Kontak ons gerus vir alternatiewe reeling.

-->