Predikers: Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
Elisa, die man wat die osse geslag het
Pinkster 2016
Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
1 Kon 19
Elisa se tyd het aangebreek om as profeet gesalf te word in die plek van Elia. Die Here het ’n plan en ’n doel met Elisa gehad al was hy ’n gewone boer en vol stof gevind daar agter die osse in die veld toe Elia hom uitgewys het as sy opvolger.
Elisa se hele doen en handel daarvanaf wys dat hy hierdie groot taak en roeping ernstig opgevat het en sy ou lewe agter los en voluit met ’n nuwe lewe begin vir God se saak.
Hierdie beeld die mens uit wat in hierdie lewe normaal aangaan met sy eie dinge en alledaagse bestaan tot op die dag dat die Here daardie mens uit genade red. Dan verander daardie mens se hele lewe, se lewensgesindheid, se lewensdoel en lewensrigting.
Luister na Elisa se voorbeeld wat vir ons wys hoe om die meeste van so nuwe lewe te maak.
God se gekamoefleerde helde
Pinkster 2016
Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
Rigters 6:1-16
Die Woord gee vir ons voorbeelde van gewone mense wat nooit gereken het of eers gedink het dat hulle helde is nie, maar wat tog in die oë van die Here groot helde is. Luister en word geinspireer deur hierdie gekamoefleerde helde van God wat toegerus was met die Heilige Gees.
Simson die kragtige man sonder krag
Pinkster 2016
Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
Rigters 16:1-31
Die verhaal van Simson ... wonderlie en terselfde tyd tragies. Waar het Simon se ware krag gelê? Ons leer dit was heeltemal 'n gawe van God met die Heilige Gees wat vaardig was oor Simson en dat daardie krag tot elke kind van God se beskikking is met die doel om God te verheerlik.
Die klei van die Pottebakker
Pinkster 2016
Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
Jeremia 18:1-17
God gebruik die beeld van 'n pottebakker wat klei neem en dan 'n voorwerp daaruit vorm. Maar die voorwerp wat hy besig was om te maak het misluk. Hy neem toe weer dieselfde stuk klei en begin weer van voor af om dit te vorm soos hy dit graag wil hê, sodat dit nuttig kan wees vir die doel wat hy vir daardie voorwerp het.
Hierdie pragtige beeldspraak wys vir ons hoe God 'n God van 2de kanse is.
Die Evangelie opgesluit in ‘n wurm
Pinkster 2016
Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
Psalm 22:1-32
Psalm 22, 'n Messiaanse psalm wat profeteer van die kruisdood van Jesus Christus wat omtrent 1000 jaar daarna eers sou gebeur, sluit baie diep en treffende boodskappe in.
Vers 7 sê "Maar ek is ’n wurm en geen man nie, ..."
Wat word tog bedoel met die gebruik van die woord "wurm" hierso? Luister en vind uit van Coccus Illisis, die Scarlet Worm en die pratige boodskap wat dit vir ons opsluit.
The Crimson or Scarlet Worm