Liewe vriende,
Dis so waar wat die Woord sê in Spreuke 16:9…. Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe.
Verlede week toe ons terugkom van die Love Africa konferensie by OM Zambie is ons by die Malawi/Mosambiek grens geweier om terug te kom in Mosambiek omdat Charl se paspoort net een bladsy oor gehad het met reeds 2 stempels op. Ons moet ook dokumente in plek kry om aansoek te doen vir ons verblyfpermitte omdat die 6 maande visums nie meer aanvaarbaar is in Mosambiek nie. Ons moes mooi praat, bid en na 3ure is ons net 7 dae gegee in Mosambiek dan moet ons uit wees. Ons moes inderhaas reelings tref en inpak vir SA. Ons het gister vertrek en vra julle voorbidding vir beskerming op die pad. Ons moet weer terugkeer na Mosambiek omdat ons n uitreik na Mecula gereel het vir die begin van September in die Niassa gebied naby Tanzanie grens waar die ander OM basis is.
Soos reeds gese het ons planne heeltemal verander. Ons sou begin met kerkbesoeke Januarie tot Maart 2018 maar met die paspoort en visum probleem sal ons nou begin met kerkbesoeke in Oktober hierdie jaar.
Ons het vrede met al die veranderinge omdat ons baie bid oor ons planne en glo die Here ken die groter prentjie. Ons kon reeds begin sien waarom ons weer Januarie 2018 terug moet wees in Mosambiek. Ons het baie gebid vir arbeiders in die oeslande soos julle sal kan onthou in ons nuusbriewe genoem. Ons weet nou onlangs van 7 mense wat in Januarie saam met ons gaan begin werk op die OM basis in Mocuba. Die Here voorsien, hy is die Hoorder van gebed, Hy is getrou en Hy rig ons voetstappe.
Ons is besig met beplanning vir kerkbesoeke en sal so gou moontlik begin afsprake maak.
Bid asb. dat ons saam met die Here en Sy planne sal beweeg en gedurig onder Sy beskerming sal wees tot verheerliking van Sy Naam alleen.
Baie dankie vir julle ondersteuning. Dit bemoedig ons om te weet mense bid en te sien die Here is met ons.
Seeninge en Vrede vir julle.
Charl en Annetjie.