Ons groet elkeen in die wonderlike Naam van ons Koning Jesus
Die Woord van God sê in: Efs 5:16 en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. En ja, boos is dit sowaar, des te meer moet ons as kinders van God saam staan in gebed en werk terwyl ons kan. Kan nie glo dit is Julie 2017 nie, tyd gaan net te vinnig verby. Met hierdie epos wil ons graag dankie sê aan elke donateur, voorbidder, vriend en vriendin. Met ons gaan dit goed so hier en daar kruip die pyne en geite uit maar deur genade van ons Hemelse Vader is ons steeds instaat om die Evangelie uit te dra juis omdat daar mede boeties en sussies is wat gehoorsaam en getrou ons ondersteun.
Ons Aksie se gebedslyn/whatsapp groep en ander indiwidue waarheen ons elke dag se bediening punte stuur asook wanneer ekstra gebed nodig is tydens ‘n besoek of plek waar ons bedien werk wonderlik. Dankie ook vir elke een wat getrou vir ons bid via die lyn.
Dit is ‘n stywe pas en wil ons ernstige voorbidding vra wat ons gesondheid betref, nie net is die bediening van die Woord op baie plekke ter sake nie maar ook die voorbereiding en dan ook huistake en ander verantwoordelikhede.Scannable Fake ID, Dit is vir ons heerlik om elkeen net so ‘n kykie te gee waarmee ons nog tans besig is. Ek probeer om ook hier en daar ‘n foto aan te heg.
Eenkeer per maand op Maandae is Arbeidbedienings Vergaderings 1ste die Bestuursvergadering en dan net daarna die Werkersvergadering waarin ons dan verslag doen van die maand se besoek punte. Ons Maandae gebruik ons ook vir voorbereiding van Woord vir die week se bediening. Maandag aande 7uur is ons besig in die Mosselbaai Shelter waar daar 10 mense deur die Bestuur van die Shelter aan ons toevertrou is en hanteer Johan ook die Heartline kursus. Dit is ‘n baie moeilike taak om die groepie mense met soveel seer en selfverwyt en tog wil van hulle nie die Here kans gee in hulle lewe nie en vra ons ernstig voorbidding vir die geleentheid. Twee van die manne, broers is ook deel van die groep en het een van die broers sy hart vir die Here gegee en die volgende dag het hy ‘n werk gekry elke keer wanneer ons bedien kan ons die vreugde en vrede in sy gesig lees.
Elke 2de Dinsdag oggend is Johan in die Gevangenis (9 tot 11uur) besig met groep en of indiwiduele gesprekke met die jongmanne. Hy deel graag die volgende: Tydens hierdie indiwiduele gesprekke word jong seuns met ‘n geestelike nood aan my toegewys vir berading – Tydens hierdie besoeke deel die jong seuns hulle diepste seer met ‘n mens en kry ek dan so ‘n kykie in die misdaadwêreld waarin hierdie seuns vasgevang is. Meeste v hulle se misdaadbetrokkenheid is agv swak huislike omstandighede – sommige v hulle word al op die ouderdom v so jonk as 6jr aan dwelms blootgestel en die uiteinde van hulle lewe is dwelmhandel en diefstal en roof en soms selfs moord in ‘n toestand v bedwelmdheid.Fake ID, In ander gevalle waarmee ek te doen kry word hierdie seuns al op die ouderdom v 5 tot 7jr verkrag en seksueel misbruik, en draai hulle homoseksueel, en gebruik hulle die voordeel tot hulle guns in die gevangenis waar hulle hulle soos vroutjies gedra – Hulle weet dis verkeerd, maar die prys is te groot. In een so geval werk ek met ‘n seun v 19jr wat sedert 6 jarige ouderdom verkrag is en agv hierdie misdryf teen hom kryt sy ma hom uit as “moffie” en skuldig vir die dade – die seer v hierdie lewensagtergrond het veroorsaak dat hy sy pyn wou projekteer en in die proses het hy ‘n seuntjie v 6jr verkrag. Hierdie seuns is voor die voet HIV+ en op Retrovirale medikasie – tog is hulle seksueel aktief.
Bid asb vir my want om met hierdie seuns te werk wat soms walglike dade agter hulle name het is nie altyd maklik nie – ‘n mens moet altyd perspektief behou en eerder kyk wat hierdie jong seuns in Christus kan beteken, eerder as om te bly fokus op hulle verlede.
Elke tweede Dinsdag middag bedien Johan woord op plase in Vleesbaai, 1ste plaas is daar 4 werkers en die 2de plaas is daar tussen 8 en 12 werkers. Hy getuig: Ook hier gaan dit besonders goed, na ongeveer 3jr v Woordbediening op die plase begin ons stelselmatig die vertroue vd plaaswerkers te wen. Op een vd plase het daar 3 vd werkers spontaan na vore gekom met die behoefte om Christus in hulle lewens te aanvaar.
Elke tweede Woensdag bedien Johan in die winter 7:30 (somer 7:00) op plaas, in Kleinberg, 6 werkers (net buite Mosselbaai, Kaap se kant toe) en dan ry ons na Herbertsdale waar hy 8:30 op 2de plaas, 8 werkers en 11 uur op 3de plaas (16 werkers) waar daar 2 Boere se mense saam kom en 1 uur die laaste plaas, (10 werkers) waar die Plaasbestuurder en Boer ook insit om Woord te hoor. Ook dieselfde tyd bedien hy 10 uur by die Laerskool Koshuis vir die kombuis personeel sowat 6 dames. Ek maak ook dan van die geleentheid gebruik om 9:30 saam met so 9 vrouens biduur/bybelstudie aan te bied en kan getuig van geseënde tye.
Elke tweede Woensdag bedien Johan op Ruiterbos op plaas met 4-6 werkers in engels. Scannable Fake ID,Dan die 2de plaas in Brandwag met sowat 15 werkers en hier is dit ook die Boer en sy seun wat insit wanneer woord bedien word. Dan die 3de plaas ook in Brandwag waar daar tans net 2 werkers is wat saam met die Boer en sy seun werk.
Elke Donderdagoggend bedien myself of Johan by 3 Besighede via Arbeidsbediening en wel om 7:15 by Supa Quick (Bestuurder en 8 werkers) 7:30 by Oliver Tyre (Eienaar en so tussen 10 en 12 werkers) en 8:00 by Volkswagen Handelaar (tussen 8 en 12 werkers), Johan bedien 1 keer per maand op ‘n Woensdag 10:30 by die Volkswagen Handelaar se werkswinkel ook met sowat 10 werkers. Ons beskou hierdie geleenthede absoluut as ‘n voorreg om die Woord na die Werksplekke te neem, ons doen ook besoeke soos en wanneer werkers enige geestelike nood aan ons bekend maak by hul huise. Die besoeke vorm deel van Dissipelskap afdeling wat ons tans by Arbeidsbediening hanteer. Ons kry ook name van ander geestelike werkers vanuit Arbeidsbediening wat ons en die groep van 5 dissipelskap lede wat saam met ons werk, om te gaan besoek.
Elke Donderdag 9 tot 11 is Johan besig met die Heartline kursus met ‘n groep van tussen 10 en 12 jongmanne wat deur die gevangenis aan hom toegewys word, vir 10 weke word daar groep sessies en ook indiwiduele sessies met groep gehou. Hy deel ook graag die getuienis: In hierdie groepe vind mooi dinge plaas – vir 10 weke het ek tyd om intensief met hierdie groepie seuns te werk en leer ons mekaar ken tot op die vlak waar hulle bereid is om hulle self te vergewe en Jesus kans te gee in hulle lewens – die oomblik wat hulle hulleself kan vergewe gaan daar vir hulle ‘n nuwe wereld oop en sien hulle weer kans vir die toekoms met Christus in beheer v hulle lewens. Tans is daar ‘n jong seun wat as alleenkind in ‘n huis grootgeword het waar genoeg geld en geen godsdiens was. Hy het met dwelms begin eksperimenteer en kort voor lank was hy by misdaad betrokke en gevonnis – dit was vir hom so erg dat hy by geleentheid selfmoord probeer pleeg het deur homself met sy tronkkombers te probeer hang. Gelukkig het die kombers op ‘n onverklaarbare manier “gesnap”. ‘n Paar dae later het hy in die hospitaal wakker geword met hand en voetboeie aan die bed en hy het besef dat God hom nog ‘n kans op lewe gegee het – kort nadat hy uit die hospitaal ontslaan is en terug is gevangenis toe het die Gideons hulle besoek en hierdie jong seun het sy hart vir die Here gegeen van daar af het sy lewe ingrypend verander, soveel so dat hy sy ouers begin bedien met die Woord tydens besoektye en sy Pa se lewe ook besig is om te verander.
Vrydae probeer ons net ontspan maar take in en om die huis ver ook aandag.
Sondae bedien Johan steeds woord in Herbertsdale en die groepie mense ons ingesluit (20) is o.a. een van die boere waar Johan by bedien asook ander in en om Herbertsdale. Nie ‘n gemeente of kerk nie maar ‘n familie in Jesus waar ons heerlik saam sing en kuier rondom die Woord.
Ons doen gereeld sieke besoeke en vra asb voorbidding vir Pieter (kanker) en sy vroutjie Miemie wat hom so mooi versorg. Hy kry nou 10 bestralings Maandag tot Vrydag vir 2 weke, hierdie is dan die 2de week. Miemie is egter nou ook siek met griep. Ons besoek ook bejaardes.
Dit gaan verder goed met ons as gesin, met ons dogter, skoonseun en die tweeling (Oktober 2jaar) gaan dit ook goed waar hulle gelukkig nou ook in Danabaai bly en ons die voorreg het om die kleinkinders baie gereeld te sien en te geniet. Met Erastus gaan dit ook goed, hy het ‘n dosente pos by ‘n Privaat Universiteit in Johannesburg gekry en sien ons uit na sy kuier in Desember aldaar hy 3 jaar terug laas hier by ons gekuier het.
Weereens baie dankie vir elke een se ondersteuning in ons persoonlike lewe asook die bediening.
Groete in Jesus
Johan en Marietjie Boshoff
Aksie Lewensbrood
Johannes 6:35 “Ek is die brood van die lewe…..”
Voltydse Sendelinge onder leiding van Aksie 1:8
Projek Samaria
Posbus 10750
Danabaai
6510
Huis: 044 698 1012
Johan: 082 926 7412
Marietjie: 082 556 0494
Epos: mmeb61@gmail.com
Bankbesonderhede: Standard Bank
Tjekrekening: 021297134
Key West tak, 015841
In naam van: JC Boshoff