Johan en Marietjie – Aksie Lewensbrood – Noodroep Aug 2017

Geliefde Voorbidders, Rentmeesters en Sendingvriende

Baie dankie vir u voortdurende steun aan ons as geroepenes in die Suid-Kaap.  Ons besef dat ons sonder u steun niks in God se akker sou kon vermag nie en dus vorm elkeen van u ‘n kardinale deel van hierdie kosbare Roeping.

Ons kom egter met ‘n baie belangrike noodroep – op ‘n onregverdige en onnatuurlike manier het ons kennis gekry dat ons einde September uit ons blyplek moet wees.  Op 31 Julie het ons die eskelasie van 7% aanvaar soos deur die Eienaar via die Agente laat weet het, in ruim woonstel onder die huis. Ons huur die plekkie al vir drie jaar.  Op 2 Augustus kry ons brief van Eienaar dat ons moet uit want sy het aan die Huurders bo in huis reeds Januarie toe hulle ingetrek het toestemming gegee dat hulle wanneer ons huur verstryk die hele perseel kan bewoon.  Ons het langtermyn kontrak by Agente en hulle trek net skouers op tydens ons besoek aan hulle Maandag oggend en noem dat hulle hande afgekap is die Eienaar het besluit geneem.  Behuising in die Suid Kaap is baie skaars en het ook in die laaste paar jaar onbekostigbaar geraak.  Die behuising wat ons tans het was binne ons begroting; maar nêrens vind ons nou gepaste behuising.

Ons kinders Ronnette en Sammy het verlede jaar na die Suid Kaap verhuis en besit hulle hul eie blyplek ook in Danabaai.  As gevolg van die krisis het hulle aangebied dat ons op hul erf ‘n “Granny flat” oprig – ons problem egter is tyd, planne moet opgetrek en goedgekeur word en ‘n geskikte bouer moet gevind word en voldoende finansies om die plekkie in te rig.

Ons vra u as Sendingvriende om saam met ons te bid vir guns by ons Hemelse Vader sodat alles in plek sal val.  Bid asseblief dat ons toestemming sal kry om tot einde November in huidige plek aan te bly terwyl ons plekkie in gereedheid gebring word.

Die huidige situasie en onsekerheid plaas geweldige druk en spanning op ons gesondehid en bediening daarom pleit ons by u om ernstig saam met ons hierdie stryd te stry.

Innige dank dat ons hierdie noodroep na u kan bring en weet ons, ons is nie alleen in die stryd gewikkeld nie dat u wel saam sal bid.

 

Johan en Marietjie Boshoff

Aksie Lewensbrood

Johannes 6:35 “Ek is die brood van die lewe…..”

Voltydse Sendelinge onder leiding van Aksie 1:8

Projek Samaria

 

Posbus 10750

Danabaai

6510

Huis:  044 698 1012

Johan:  082 926 7412

Marietjie:  082 556 0494

Epos:    mmeb61@gmail.com

Bankbesonderhede:  Standard Bank

Tjekrekening: 021297134

Key West tak, 015841

In naam van:  JC Boshoff

Posted in sending.