Hoe om te bid vir ‘n sendinguitreik

deur Ds. Ian Coetzee

1) Voorbereide harte

Efes. 1:18

verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

2 Kor.4:4

naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

2) Redding van verlore siele

Luk. 19:10

Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

3) Jesus se liefde & lewe in ons gesien sal word

2 Kor. 2:14+15

MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Want ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; 

4) Jesus in en deur ALLES verheerlik sal word

Ps. 86:12

Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer; 

5) Bemoediging van die sendelinge

1 Thess. 3:2

en ons het Timótheüs, ons broeder en dienaar van God en ons medewerker in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof,

1 Thess. 5:11

Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

6) Vrymoedigheid

Hand. 4:29

En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,

7) Guns deur die doeanes/grensposte

Neh.1:11

Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.

8) Veiligheid, goeie gesondheid en fisiese krag

Ps. 91:2-10

2Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. 3Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. 4Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ’n skild en pantser. 5Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, 6vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! 7Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie. 8Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.9Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. 10Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;

9) Veiligheid van ons families wat agterbly

Ps. 91:4

Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ’n skild en pantser.

Ps. 121:8

Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.