Frankryk gebedsversoek Leyla – 9 Oct 2018

Liewe biddende Vriende

Ek skryf vanaand vir u oor n baie ernstige versoek asb.

Sal u asb ernstig saambid vir Leyla, n jong Iranese vrou wat na my Franse klas kom.  Sy en haar man is vlugtelinge en wagtend op asiel.  Leyla is so 20 weke swanger en vanmiddag vra ek haar hoe dit gaan met die baba, kry sy trane in haar oë. (Sy praat redelik engels) Sy vertel my toe hoedat die dokter n amnio toets gedoen het en vasgestel het dat die baba down sindroom het.  Hy dring daarop aan dat sy in die volgende paar dae die baba moet aborteer.  Sy is absoluut in n dwaal.  Aan die een kant voel sy hulle situasie is al klaar baie moeilik ( hulle bly tydelik in hotel nadat haar man in die lughawe geslaap het, en sy darem n herbergkamer gekry het vir n paar nagte)

Kan u u indink.  Sy kan nie kommunikeer met die dr nie al het sy n tolk.  Die dr wat druk op haar sit en so ewe vir haar sê sy kan mos weer later swanger raak.  Ek was boos, en het vir haar gesê hy is nie God nie en niemand kan haar verplig om die baba te laat verwyder nie.

Mense ek vra u om asb te bid vir n wonderwerk!!!  God kan daai kindjie aanraak.  Bid asb vir haar en haar man vir vrede om die regte besluit te neem en die baba te behou.  n Goddelike ingryping is nodig.

Baie dankie vir u ondersteuning

Marietjie

Posted in sending.