Lesotho uitreik 2023

Wanneer?

Sa 22 Apr – Sa 29 Apr 2023

Waar in Lesotho?

So 2km vanaf die dorp Malealea.

Google maps link na sendingbasis.

Wie is die sendelinge daar?

Die Mierke gesin van Africa 4 Jesus.

Die Mierke gesin is pa Pieter, ma Keila en hul (nou al volwasse) seuns Jon and Jaime.

Saam met hulle bedien van die plaaslike inwoners waarvan Teboho, Tsepo en Mpho ons ook uithelp as tolke wanneer ons daar uitreik.

Om meer te leer van Africa 4 Jesus Lesotho gaan na hierdie skakel.

Let wel, met die 2023 uitreik sal ons nie deel in hul “50 villages” projek nie (is ‘n meer fisiese uitdagende bediening daarso wat ons graag in die toekoms by betrokke wil raak).

Wat doen ons daar?

Pieter en sy mense ken al die klein “villages” in die omgewing baie goed en weet ook wat hul geestelike nood is. Deur dit in ag te neem word ‘n weekprogram vir ons uitgewerk wat verskillende bedieninge insluit soos preekgeleenthede, Bybelstudies hou, deur-tot-deur evangelisasie, traktaatjies uitdeel, fisies uithelp waar nood is, Jesus-film vertoon en ook vir Pieter en sy gesin en span daarso te bemoedig en te ondersteun met Woord en liefde en ons teenwoordigheid.

Wat doen ons nog daar?

Meer as kosbaar vir woorde, word ons verander deur die vernuwing van ons gemoed en verstand deur die werking van die Heilige Gees.

‘n Mens gaan met die primêre doel om andere te bedien en te verander deur die evangelie maar staan gou verbaas en verslae met hoe baie die Heilige Gees met jou as individu werk en jou geestelike oë open sodat jy opnuut na die wêreld kyk soos nog nooit van te vore. Jesus se hart vir ‘n verloregaande mensdom word al hoe meer duidelik en vorm al hoe meer jou eie hart.

Hoe bid ek vir so ‘n uitreik?

Sien hierdie wenke van Ds Ian Coetzee.

Posted in sending.