Vriende,
Ons het Donderdag laatmiddag op Mecula aangekom. Voorspoedig gery, tente opgeslaan en Limardus en sy vrou, die leier van OM wat hier werk was gereed met kos en warm water om te was.
Ons moes eers Vrydagoggend toestemming kry by die “chief” om hier te kan werk. Ons is na n moslem vrou wat n groot invloed op die gemeenskap het omdat sy self n toordokter is en die jong meisies oplei in al die rituele. Sy was baie siek en swak en het laat weet om vir haar te gaan bid.Limardus ken die kultuur en nadat hy verduidelik het dat net Jesus Christus die Geneesheer en Redder is het ons vir haar gebid. Sy was verlam aan die een kant van haar liggaam maar terwyl ons bid het Limardus vir haar gesê sy moet die Naam bo elke Naam, die naam van Jesus aanroep vir genesing. Die woorde “Jesu” het oor haar lippe gekom. Limardus het weer vir haar en die familie verduidelik dat as sy met tradisionele behandeling, toordokters of enige rituele aangaan daar geen genesing vir haar sal wees nie.Ons het n lang tyd by haar gesit en haar bedien met die Woord.Haar familie het haar gehelp om op n stoel te sit nadat sy vir 2 maande in n donker kamer gelê het. Sy was baie swak.
Vanoggend is ons weer na haar. Sy is weer uitgebring om op die stoel in die donker huis te sit. Sy het self gepraat en gesê sy het goed geslaap sonder pyn. Weer het Limardus verduidelik dat Jesus niks vir haar sal doen as sy steeds besig is met tradisionele behandeling nie. Ons was in gebed en die familie het by die deur gestaan. Limardus het gebid. Ons het haar gehelp om op te staan uit die stoel. Sy het self n paar tree gegee en buite in die lig gaan sit. (Sien die foto aangeheg)Dit was wonderlik om die verandering op haar gesig te sien vanuit die letterlike duisternis tot in die lig van Jesus Ons het begin om Jesus te loof vir haar genesing. Ons het halleluja gesing. Sy het saam met ons begin sing met trane wat van haar wange afloop…halleluja, halleluja ! n groot skare het buite gestaan en kyk.
Bid asb. saam met ons vir haar volkome genesing en reddende Genade deur Jesus.Ons gaan weer more na haar . Die familie het vir Limardus gesê hulle sien dat Jesus is God wat gesond maak. Bid asb. vir die reddende Genade van Jesus Christus in hierdie vrou se lewe, haar getuienis kan n groot verskil maak in die gemeenskap.
Ons het ook gisteraand die Jesus film in n village gewys. Dit was die eerste keer dat die mense die film gesien het.
Ons is nou weer oppad na n village met die Jesus film en traktaatjies.
Dankie vir julle gebede
Charl en Annetjie
