Vriende,
Ons groet julle uit Mosambiek met n groot opgewondenheid in ons harte, wat alleen deur ons Vader wat in ons werk na Sy welbehae moontlik kan wees. Ons is
So bly dat ons al hoe meer sien hoe die Here die werk doen as ons op die plek is van gehoorsaamheid. Vandag kyk ons terug toe ons Oktober verlede jaar
In gehoorsaamheid terug gekom het na die OM basis in Mocuba. Hier was niks, nie n blyplek nie en nie water nie en wat ons nou sien is wat God hier laat
gebeur het. Die krag en gesondheid om fisies hard te kan werk, die voorsiening van finansies om te kon doen, dit alles is van God, ons Here en dan juig ons
saam met Psalm 92…U groot dade maak my bly, Here!! Ek juig oor U handewerk. Hoe groot is U werke Here, Hoe diep is U gedagtes!!
By skrywe van hierdie nuusbrief, hierby aangeheg, loop ons harte oor van dankbaarheid want net ons sal weet wat die Here vir ons gedoen het, ons probeer dit beskryf maar ons woorde kom kort, dis te veel om te vertel. Kom sien self, en smaak dat die Here goed is!! Ja , dit is n uitnodiging om vir ons te kom kuier!!