Liewe vriende,
Baie dankie dat julle vir ons gebid het. Ons is dankbaar, weereens, veilig in Suid Afrika. Die Here het ons beskerm. Ons kan getuig van Sy teenwoordigheid op sigbare wyse sovele kere. Op n keer moes Charl wild rem trap vir n klomp hoenders in die pad en toe sien ons die groot gat in die pad waar die hoenders was wat groot skade sou doen as ons teen dieselfde spoed sou gebly ry het!!So word ons geloof versterk, hou ons aan, want die Here leef, daar is hoop, daar is Krag, daar is visie. Die tema van ons jaarlikse Love Africa Konferensie was “The Unfinished task” …daar is werk om te doen…
Die uitreik na Mecula met n groep van Tygerberg Kaap was vir ons n groot seen en bemoediging en ook vir die gemeenskap.Scannable Fake ID, Dankie vir elkeen wat saam met ons gebid het hiervoor. Ons vertrou die Here vir Sy Woord wat nie leeg na Hom sal terugkeer nie.
Ten spyte van n baie bedrywige jaar kon ons die water “reservoir” klaar maak op die basis en is ons baie opgewonde om dit volgende jaar te begin volmaak om te voorsien in die droë seisoen. Hierdie tyd van die jaar het die putte reeds opgedroog op die basis en om water te kry raak n krisis.
Ons begin in Oktober met kerk besoeke tot middel Desember. Kontak ons asb. fake id,vir n besoek aan gemeentes, selgroepe of sommer net n kuier.
Gebedsversoeke;
1. Ons is besig met dokumente vir visums in plek te kry vir nuwe werkers en ook vir onsself. Hiervoor het ons die hulp, wysheid en Krag van die Here nodig, bid asb. saam.
2. Ons voertuig moet ingaan vir n nuwe ratkas. Bid asb. saam dat die Here sal voorsien in die nodige finansies daarvoor.
3. Bid asb. vir die leiding en seen van die Here oor ons program in SA met besoeke aan vriende, familie en kerke.
Baie dankie vir julle ondersteuning.
Groete en Vrede vir julle
Charl en Annetjie