Liewe vriende, 8 Julie 2017
Ons het die afgelope week 2 villages besoek by die basis van OM naby Maputo saam met die leier van die basis Antonio Gulube. Sy jarelange werk in daardie omgewing het duidelik al n verskil in die Gemeenskap gemaak. Dit was vir ons baie bemoedigend om te sien hoe ywerig die paar mensies in die een Village genoem Moianini die Here dien op hulle eenvoudige manier. Met oorgawe het hulle gesing en geluister na die Evangelie boodskap. Enkeles het opgestaan om Jesus in hulle harte te nooi, en ons kon die Engele hoor juig oor n siel wat tot bekering gekom het! By die ander Village genoem Zava wat n “new zone” is het n groepie mense die volgende oggend nadat die Evangelie boodskap gebring is, opgestaan en saam gebid om Jesus in hulle lewe in te nooi. n Mens beleef oomblikke van oortuiging dat silver en goud dit wat hier gebeur nie kan koop nie, jy besef jou onvermoë om iemand te red en jy besef die Krag van die Evangelie en dat dit is waarvoor Jesus gesterf het en in jou hart bevestig die Heilige Gees by vernuwing jou roeping en jou passie en oortuigend soos n Jesaja is die antwoord “Ja Here, stuur my ! ”
**Kom ons dank die Here vir toegewyde leiers wat gehoorsaam onder hulle eie mense die Evangelie boodskap suiwer uitdra.
**Kom ons wees bly en dank Vader vir Sy Seun, Jesus se kruisdood en opstanding en siele wat gered word en vir Genadetyd en vir die werking van die Heilige Gees.
**Kom ons dank die Here vir traktaatjies en elke vertaling van die Bybel en van Audio players wat beskikbaar is sodat mense die Evangelie in hulle eie taal kan hoor.
**Kom ons Loof die Here vir ondersteuners wat ten spyte van moeilik finansiele tye steeds gehoorsaam bly en gee sodat sendelinge soos ons kan gaan.
Daar in die eenvoud van die villagers saam met hulle op die grond ontmoet ons weer vir Jesus en raak ons dankbaarheid so groot dat ons die emosies nie kan beheer nie. “Wat is die mens dat U aan hom dink Here……”
Groete en Vrede vir julle
Charl en Annetjie
If we are going to live as disciples of Jesus, we have to remember that all efforts of worth and excellence are difficult. The Christian life is gloriously difficult, but its difficulty does not make us faint and cave in— it stirs us up to overcome. Do we appreciate the miraculous salvation of Jesus Christ enough to be our utmost for His highest— our best for His glory? Oswald Chambers