Hallo al my vriende en familie.
Hoop dit gaan goed met julle almal. Ek wil graag vrymoedigheid neem om te vra dat julle groot asseblief hierdie keer vir my sal bid.
Ek sê altyd met groot dankbaarheid teenoor my Hemelse Vader, ek is so gesond soos ‘n vis i.d water. Gisteraand klim ek op ‘n leer om iets aan ‘n lig te doen en die volgende oomblik voel ek ‘n effense brand en ongemak in my regteroog. Skielik het daar sulke swart strepe oor my sig gesweef en later was my sig redelik dof.
Vanoggend het ek gou agtergekom daar is regtig groot fout met my oog, want toe was daar seker honderde swart surketjies wat weer ronggesweef het en my sig was so vaal dat ek niks met dié oog kon lees nie. Mettertyd het dit nog versleg. Inderhaas het Marian my ingevat Upington toe na die oogspesialis, waarna hy vasgestel het dat my oogjellie losgeraak en ‘n bloedvaatjie of aar saamgetrek en gebreek het. Dit het bloeding agter my oogbal veroorsaak wat kan beteken dat ek ‘n operasie i.d Kaap of Pretoria sal moet kry as daar weer bloeding is en my sig verder sou verswak. Die kans is wel daar dat dit vanself kan herstel. Ek vertrou absoluut die Here vir volkome genesing van my oog. Bid asseblief saam met hiervoor. Ek sien weer die dokter oor drie weke, omdat hy eers op vakansie gaan. My linkeroog se jellie is ook besig om los te raak. Dis skynbaar algemeen, maar dis selde dat ‘n aartjie bars en bloeding veroorsaak. Soos mens ouer raak ervaar jy elke dag almeer kwale. Gelukkig sal elke kind v.d Here eendag ‘n volmaakte liggaam ontvang, sonder enige gebrek of kwaal / siekte.
Loof JESUS daarvoor!
Ek wens julle almal ‘n lekker nagrus toe.
Groete
Awie