Charl en Annetjie: Mosambiek – Love Afrika konferensie 2016

Liewe vriende,
Ons het n baie geseende tyd in Zambie gehad met die jaarlikse  Love Africa konferensie wat OM aanbied en hierdie gedeelte pas so mooi in by wat ons beleef het…
DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

HEBREËRS 12:1-2
Ons was by vernuwing gebring by die voete van Jesus, die Bron van Lewe, Hy wat Red en Genees, wat werk en wie kan dit keer?… en ons het weer niks kon word, n radikale keuse kon maak deur Sy Genade om te sê “Here hier is ek, stuur my!
Al die eer aan die Here wat ons ook beskerm het op al die paaie wat ons gery het die afgelope tyd en Goddelike afsprake met soekende siele ontmoetings! Niks kan ooit meer vervullend wees as hierdie ervarings nie.

Ons is tans in Suid Afrika vir visums en beplan om Dinsdag die 30ste Augustus weer terug te keer na Mosambiek.

Ons vra asb. julle ernstige voorbidding vir volgende week wanneer ons terug ry. Die politieke situasie in Mosambiek is nie goed op hierdie stadium nie en daar is twee konvooie wat ons moet ry. Ons vertrou volkome op die Here se leiding en beskerming.

Dankie vir julle ondersteuning.

Groete
Charl en Annetjie
Sel nr SA   0828947965 en 0822165164

 

Posted in sending.