Charl & Annetjie – Uitreik voorbidding – Julie 2016

Liewe vriende,

Ons vra julle voorbidding vir ons wat vandag oppad is na Nampula wat ongeveer 5 ure se ry van die OM basis in Mocuba is. Ons gaan om n uitreik groep van 5 van  Tygerberg Kaap by die lughawe te kry môre (Vrydag). Ons ry dan Saterdagoggend weer terug na Mocuba vanwaar ons Sondagoggend vroeg uitgaan na die Villages om saam met die uitreik groep daar te gaan bedien. Ons gaan onder andere die Jesus film wys en Evangelie deel met die mense en het n program met die kinders elke dag.

Bid asb vir ons beskerming en veiligheid in die villages en dat die groep gesond sal bly. Bid asb. dat die Evangelie wat verkondig sal word in Krag en Waarheid die mense sal oortuig en red uit die verlore toestand waarin die satan hulle gevange hou.

Jesus het gesterf aan die kruis sodat elkeen wat in Hom glo die Ewige lewe kan hê. Dit is die prys wat Hy betaal het. Ons is duur gekoop met Sy bloed.Sy opstanding uit die dood het kragdadig bevestig dat Hy die Seun van God is.

Ons gaan in gehoorsaamheid aan die Groot Opdrag van Jesus Christus as diensknegte van Hom. Die Woord sê….Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.  Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?  En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
ROMEINE 10:13-15 AFR53

Vriende, dankie dat ons kan gaan met die wete dat julle ook in gehoorsaamheid intree en bid.

Groete
Charl en Annetjie

Posted in sending.