Mosambiek uitreik program – 15-25 Julie

Program vir die Mosambiek uitreik, by Charl & Annetjie, van die 15de tot die 25ste Julie .

  • 15/7 VRYDAG – Slaap by YWAM in Nampula
  • 16/7  SATERDAG – Vertrek vanaf Nampula na Mocuba. 5 ure se ry. Pak en berei voor vir 4 dae in die villages.
  • 17/7 SONDAG – Vertrek vroegoggend na Lugela, 2 na 3 ure se ry om betyds te wees vir kerk. Na kerk kamp opslaan.Bedien die middag …aand Jesus film in Lomwe.
  • 18/7 MAANDAG – Ervaar Mosambiek en sy mense. Speel met die kinders en bou verhouding met die mense. Gee traktaatjies uit van deur tot deur. Bedien die middag. Wys die Jesus film die aand.
  • 19/7 DINSDAG – Pak op en skuif na die volgende village. Bedien die middag en wys die Jesus film die aand.
  • 20/7 WOENSDAG – Bedien die oggend. Program met die kinders. Jesus film die aand.
  • 21/7 DONDERDAG – Pak op en vertrek terug na Mocuba.
  • 22/7 VRYDAG – Woon devotions by op die basis saam met die studente. Verken na ontbyt die OM basis en die dorp. Aand: terugvoer en getuienisse
  • 23/7 SATERDAG: –  Rustig op die basis. Charl moet na Malawi gaan en weer terugkom om vir Antonio die leier, na die opersie in Malawi op die grens te gaan haal en vir Rebecca terug te neem. Rebecca is n jong meisie van Kanada wat ook by OM aangesluit het en vir ons kom help vir n maand. Sy sal ook die uitreik meemaak. Charl soek na n volunteer om daardie dag saam met hom te ry. Aand: terugvoering
  • 24/7 SONDAG – Pak en vertrek terug na Nampula. Slaap weer by YWAM voor die volgende dag se vlug terug na SA. Aand: Laaste terugvoer en afsluiting. Oggendprogram: Ons kom 6H30 bymekaar vir koffie en devotions. Ontbyt 8HOO en daarna begin die dag se program.

Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.  Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?  En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
ROMEINE 10:13-15 AFR53

16 Julie 16h00

Groep is veilig in Macuba na 5 ure se ry van Napula af.

Bedien met lekker middagete.

WhatsApp-Image-20160716

17 Julie 17h30

Eerste mense daag op vir Jesus film.

WhatsApp-Image-20160717 WhatsApp-Image-20160717 (1)

18 Julie 15h30

Prediking sessie – Charl en ‘n tolk.

19 Julie 16h30

Na ontbyt het die span 1.5 uur gery na Matakenia Nambirini Distrik waar hulle vanaand die Woord verkonding.

21 Julie 16h30

Na pap wiel en 5 ure op die pad is die span veilig terug op die OM basis in Macuba.

pap-wiel-uitreikspan

24 Julie 15h00

Span het vandag gereis tot by Nampula en nou veilig daar aangekom. Hul oornag vanaand daar.

 

WhatsApp-Image-20160724

25 Julie 09h00

Na kosbare tyd van toewyding op die YWAM basis waar hul oorgeslaap het, maak die span gereed om lughawe toe te gaan vir die reis terug huis toe.

Hul laaste vlug is vanaf JHB->CPT om 19h10.

Posted in sending.