Ds Jan Coetzer gesondheid

1 April 2016

Hallo daar almal

Hoop dit gaan goed met almal.

Net n kort woordjie om u te bedank vir u voorbidding vir Jan.  Hy is toe dinsdag gedoen en het nou 5 stente altesaam.  Dit was n lang proses maar die dr is tevrede.  Jan is taamlik moeg maar moet nou n bietjie kalm vat vir so n maand – dokters bevele!  Bid asb daarvoor.

Baie dankie vir al die boodskappies van bemoediging, en ondersteuning.  Ons het soveel om voor dankbaar te wees!

Groete daar aan almal

Marietjie


29 Maart 2016

Hallo almal

Baie dankie vir al u navrae, voorbidding en belangstelling;

Jan het toe verlede dinsdag 2 stente gekry in die are waaraan gewerk is tydens die hartomleiding 8 jaar gelede en gaan netnou weer in vir nog 4 stente.

Baie dankie vir u voorbidding.  Ons weet God is beheer.

Sal julle op hoogte hou van die verwikkelinge.

Groete

Marietjie


23 Maart 2016

Goeiemore almal,

Baie dankie vir al u gebede en boodskappies wat ek ontvang het.  Ons waardeer u belangstelling en voorbidding.

Jan is toe gisteroggend opgeneem en gistermiddag 4 uur gedoen. Terwyl ek by hom was gisteraand nadat hy teruggekom het na sy kamer, het die kardioloog ons kom sien en verslag gedoen.

Hy het 2 stente in die “nuwe” are gesit waaraan gewerk is tydens die hartomleiding 8 jaar gelede.  Hy sê dit was sleg geblok maar hy kon nie die werk klaarmaak nie daarom moet Jan dinsdag teruggaan sodat hy stente in nog 3 are sit wat volgens hom 90% geblok is. Die skade aan die are is agv diabetes.

Die Here is goed en het deurgedra.  Hy sal vandag huistoe kom en moet dan dinsdag teruggaan.

Ons hou u op hoogte.

Dankie weereens.

Baie groete

Marietjie

Posted in sending.