Coetzernuus – Feb 2016

COETZERNUUS – FEBRUARIE 2016

“Sou iets vir die Here te wonderbaar wees” Genesis 18 ;14a

Liewe Vriende,

Die nuwejaar het weggetrek en ons is alreeds in Februarie! Aan die begin van die jaar het die Here my kom bemoedig met soveel beloftes uit Sy Woord waarvan die bg. een van hulle was. Ons aanbid die Lewende God wie se oog gedurig op ons is.

God antwoord nog gebed!

Sowat n maand gelede het n jong franse vrou by ons groepie vir mammas en kleuters aangesluit. Sy is nog nie n christin nie. Hierdie jaar doen ons christenwaardes en hoe om dit vir ons kinders te leer. Nadat ek die lessie van die dag gedoen het, vra ek haar of daar iets is waarvoor ons kan bid. Sy vra toe dadelik of ons kan bid vir n oplossing vir haar situasie. Sy moet begin Maart teruggaan werk toe en hulle het nog niemand om na die babatjie(4maande) om te sien bedags nie. Terwyl ek vir haar bid lui haar foon. Sy antwoord nie dadelik nie maar vertel my verlede week dat dit die “social security” se kantoor was wat vir haar n boodskap gelaat het, dat hulle besluit het om haar kraamverlof te verleng tot September. Natuurlik was sy oorstelp van vreugde maar veral getref dat die Here dadelik geantwoord het! Bid asb vir Pierrette. Haar skoonouers het haar aangemoedig om na die groepie toe te kom en selfs vir hulle was dit absoluut n wonderwerk. Bid asb dat die Here hierdie wonderwerk sal gebruik om haar en haar man na Hom toe te trek.

Nog n geval in dieselfde groepie, n jong vroutjie wat sowat 2 jaar gelede begin kom het en werklik die Here aangeneem het maar met baie bagasie uit die verlede sukkel (soos so baie van die franse mense) oa. Om haar eie ma te vegewe. Ek het vir haar prober sê dat die Here wil hê ons moet vergewe alhoewel dit nie altyd vir ons maklik is nie. Sowat drie weke gelede vertel sy my dat sy na haar ma gegaan het, wat sy in baie jare nie kontak mee gehad het nie, en vir haar gesê dat sy haar vergewe. Ek was natuurlik in trane want dis net die Here wat dit kon doen. Hy verander situasies wat bokant ons begrip is.( Efesiers 3;20. )

Die Here is voorwaar besig om te werk. Bid asb vir wysheid en krag om te kan raad gee en versorg soos Hy wil.

2016 ????

Hierdie nuwe jaar is vir ons n absolute onbekende een. Ons tyd as predikantspaar van die kerk kom die somer tot n einde. Die vier jaar wat ons aan hulle gegee het sal dan verby wees. Alhoewel dit vir my swaar gaan wees, besef ons dit is n seisoen wat verby is en n nuwe een lê voor. Op die oomblik bly ons in Toulouse aan (soos wat die Here ons gelei het selfs voor die kerk ons opgeraap het om te kom uithelp). Ons sal dan DV voltyds moslemwerk en uitreike plaaslik kan doen.

Die Here het ons nog elke keer verras die afgelope 31 jaar. Ons het u gebed baie nodig om deur die oorgangsfase te gaan (sonder te veel trane vir my) asook vir wysheid en leiding van Bo. Ons moet n blyplekkie kry en soos u weet is dit baie duur hier, maar ons weet wie is in beheer.

Die predikantskandidaat en sy vrou was hier en is besig om te bid of hulle die pos sal aanvaar. Bid asb ook vir die gemeente wat moet stem die 16de Maart.

Bid ask ook vir die nuwe gebou wat ons moet kry aangesien die kerkgebou verkoop is en Des 2016 moet ons uit wees.

Ons beplan n uitreik in die lente na Serbië. Ons sal DV saam met OM daar gaan werk vir n paar dae en help in die vlugtelingskampe. Bid asb vir hierdie projek dat die Here se seen daarop sal rus en ons sal gebruik in Sy diens.

Gesin: Madeleine is terug in Parys waar die Here weereens wonderbaarlik voorsien het in n blyplekkie vir haar. Ons dank Hom vir Sy getrouheid. Dit gaan goed met al die kinders en kleinkinders en ons dank die Here vir goedheid en genade oor hulle.

Baie dankie ir u getroue ondersteuning deur al die jare.

Mag Sy seën op u rus.

Groete uit Toulouse.

Jan en Marietjie

Posted in sending.