God se gekamoefleerde helde
Pinkster 2016
Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
Rigters 6:1-16
Die Woord gee vir ons voorbeelde van gewone mense wat nooit gereken het of eers gedink het dat hulle helde is nie, maar wat tog in die oë van die Here groot helde is. Luister en word geinspireer deur hierdie gekamoefleerde helde van God wat toegerus was met die Heilige Gees.
Ongelukkig is die preek nie meer beskikbaar aanlyn nie.
Kontak ons gerus vir alternatiewe reeling.
Simson die kragtige man sonder krag
Pinkster 2016
Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
Rigters 16:1-31
Die verhaal van Simson ... wonderlie en terselfde tyd tragies. Waar het Simon se ware krag gelê? Ons leer dit was heeltemal 'n gawe van God met die Heilige Gees wat vaardig was oor Simson en dat daardie krag tot elke kind van God se beskikking is met die doel om God te verheerlik.
Ongelukkig is die preek nie meer beskikbaar aanlyn nie.
Kontak ons gerus vir alternatiewe reeling.
Die klei van die Pottebakker
Pinkster 2016
Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
Jeremia 18:1-17
God gebruik die beeld van 'n pottebakker wat klei neem en dan 'n voorwerp daaruit vorm. Maar die voorwerp wat hy besig was om te maak het misluk. Hy neem toe weer dieselfde stuk klei en begin weer van voor af om dit te vorm soos hy dit graag wil hê, sodat dit nuttig kan wees vir die doel wat hy vir daardie voorwerp het.
Hierdie pragtige beeldspraak wys vir ons hoe God 'n God van 2de kanse is.
Ongelukkig is die preek nie meer beskikbaar aanlyn nie.
Kontak ons gerus vir alternatiewe reeling.
Die Evangelie opgesluit in ‘n wurm
Pinkster 2016
Ds. Jurg Prinsloo (Snr)
Psalm 22:1-32
Psalm 22, 'n Messiaanse psalm wat profeteer van die kruisdood van Jesus Christus wat omtrent 1000 jaar daarna eers sou gebeur, sluit baie diep en treffende boodskappe in.
Vers 7 sê "Maar ek is ’n wurm en geen man nie, ..."
Wat word tog bedoel met die gebruik van die woord "wurm" hierso? Luister en vind uit van Coccus Illisis, die Scarlet Worm en die pratige boodskap wat dit vir ons opsluit.
The Crimson or Scarlet Worm
Ongelukkig is die preek nie meer beskikbaar aanlyn nie.
Kontak ons gerus vir alternatiewe reeling.
Die tabernakel – Deel 5
Wes-Kaapse Paaskonferensie 2016
Ds. Jan Keyser
Exodus 40
Die tabernakel - Deel 5
Ongelukkig is die preek nie meer beskikbaar aanlyn nie.
Kontak ons gerus vir alternatiewe reeling.